Wednesday, 24 September 2014

Kultuur: Hoekom Godsdiens uit skole haal?

Daar word verneem dat onderwysers vir leerders gesê het hulle sal in die hel brand, as hulle nie in die Here glo nie. Klaarblyklik was daar 'n dogtertjie wat bang was, omdat haar pa oorlede is, en as gevolg daarvan het die meisie gedink dat haar pa gaan brand in die hel. Die keuses wat tans argumenteer word, of Christenskap uit die skole gehaal moet word, is van kardinale belang om die keuses en besluitneming van hierdie situasie ernstig in ag te neem en te oorweeg. Dit sal dus nie 'n goeie besluit wees om Christenskap uit skole te haal nie, want dit is moontlik dat meeste leerders NET by skole van die Here leer en daarvan hoor. Ouers  doen ook nie meer bbelstudie met hulle kinders nie, en min ouers moedig hulle kinders aan om kerk toe te gaan of die ouers gaan self nie kerk toe nie. daar is baie min mense wat glo, asook baie min mense wat weet van die Here.
'n Skool is gebaseer op beginsels en waardes, en as Godsdiens uit skole gehaal gaan word, sal meeste van hierdie waardes en beginsels weg val. Dit sal dus 'n negatiewe invloed hê op die skool self, die onderwysers, die skoolhoof en selfs ook die leerders. Daar is baie aspekte wat 'n effek op die skoolomgewing sal hê, soos byvoorbeeld, disspline probleme, vandalisme, aanranding, ens. Diversiteit kom voor in alle skole, dit wil sê, dat skole nie net met 1 kultuur sit nie en ook nie dieselfde ras nie. Daarom is dit belangrik dat hierdie besluite sorgvuldig geneem moet word en deur die situasie op te los.

2 comments:

  1. Ek stem saam. As Godsdiens uit skole gehaal gaan word gaan alle waardes en beginsels wat oor baie jare opgebou is en gevestig is in skole wegval. Die dissipline van skole gaan daaronder lei. Daar moet drasties iets gedoen word om hierdie aspek van kultuur te red. Godsdiens behoort eerste by huise onderrig te word. Ouers moet hulle kinders kerk toe vat en reg opvoed. Alhoewel Suid-Afrikaanse skole al meer multikultureel word moet daar aan alle leerders onderrig verskaf word en kan dit nie van enige kind af weggeneem word nie.

    ReplyDelete
  2. Ek stem 100% saam hoekom wil hulle Godsdiens uit skole haal dis nog al plek waar leerders leer van die Here. Kinders van ander gelowe vind dit soms interessant om van ander gelowe te leer en niemand word tog verplig om dit by te woon nie. Ouers laat nie leerders toe om Godsdiens by te woon nie, so hoekom dit nog by skole uithaal.Ek persoonlik voel los Godsdiens in skole.

    ReplyDelete