Thursday, 25 September 2014

Die invloed van verskillende kulture op akademie

Die invloed van kulture op leerders se intelligensie-,leerstyl –en kommunikasie ontwikkeling.
Diversiteit ten opsigte van ras, klas, kultuur en gestremdheid kom in alle samelewings voor. In skole bestaan daar groot kulturele diversiteit. Skole word gekonfronteer om alle leerders van verskillende kulture te akkommodeer. ‘n persoon kan nie geskei word van sy/ haar kultuur nie dus dra kultuur by om menslike gedrag, houdings en waardes te vorm. Mense word beïnvloed deur biologiese eienskappe en kulturele agtergrond. Kultuur beïnvloed leerders se inlelligensie-, leerstyle – en kommunikasie-ontwikkeling wat beteken dat kulturele diversiteit verskeie eise aan onderwysers stel en dat hulle dit moet aanspreek. Die volgende faktore kan aanleiding daartoe gee dat kultuur leerders se intelligensie-, leerstyl- en kommunikasie ontwikkeling beïnvloed nl:
·         Sosialisering: Ouers dra hulle kulturele verwagtinge oor aan hulle kinders wat die ouers se metodes van leer en werk insluit en dit beïnvloed die kind se leerstyl.
·         Konformiteit: ‘n Kind wat grootword in ‘n spesifieke kulturele milieu word bewustelik of onbewustelik geskool of geleer om te dink soos die res van die gemeenskap. As gevolg hiervan kan die leerders ‘n sekere leerstyl of intelligensie aanleer wat inpas by die gemeenskap.
·         Ekologiese aanpassing: As gevolg van bogenoemde is daar leerders wat ter wille van oorlewing moet aanpas by hulle spesifieke omgewing en dit ka nook hulle leerstyle beïnvloed.
·         Taal: Die aanleer en gebruik van taal word beïnvloed deur die kulturele milieu waarin die kind grootword.
Volgens die bogenoemde faktore word daar bevestig dat leerders se kultuur hulle intelligensie-, leerstyle –en kommunikasie ontwikkeling beïnvloed. Suid-Afrikaanse skole word alhoe meer multikultureel en dit beïnvloed die metodes van assessering ook. Die onderwysers moet dus voorsiening maak vir alle leerders van verskillende kulture.


1 comment:

  1. dis so waar wat julle hier sê ek kon dit nie beter gestel het nie. Kultuur speel sowaar 'n groot rol in die skool omgewing en in ons as mens se lewe. Dit het ook 'n invloed op die skool se bestuur.

    ReplyDelete