kultuur
Thursday, 25 September 2014
Die invloed van verskillende kulture op akademie
Die
invloed van kulture op leerders se intelligensie-,leerstyl –en kommunikasie
ontwikkeling.
Diversiteit ten opsigte van ras, klas, kultuur en
gestremdheid kom in alle samelewings voor. In skole bestaan daar groot
kulturele diversiteit. Skole word gekonfronteer om alle leerders van
verskillende kulture te akkommodeer. ‘n persoon kan nie geskei word van sy/
haar kultuur nie dus dra kultuur by om menslike gedrag, houdings en waardes te
vorm. Mense word beïnvloed deur biologiese eienskappe en kulturele agtergrond.
Kultuur beïnvloed leerders se inlelligensie-, leerstyle – en kommunikasie-ontwikkeling
wat beteken dat kulturele diversiteit verskeie eise aan onderwysers stel en dat
hulle dit moet aanspreek. Die volgende faktore kan aanleiding daartoe gee dat
kultuur leerders se intelligensie-, leerstyl- en kommunikasie ontwikkeling
beïnvloed nl:
·
Sosialisering:
Ouers dra hulle kulturele verwagtinge oor aan hulle kinders wat die ouers se metodes
van leer en werk insluit en dit beïnvloed die kind se leerstyl.
·
Konformiteit:
‘n Kind wat grootword in ‘n spesifieke kulturele milieu word bewustelik of
onbewustelik geskool of geleer om te dink soos die res van die gemeenskap. As
gevolg hiervan kan die leerders ‘n sekere leerstyl of intelligensie aanleer wat
inpas by die gemeenskap.
·
Ekologiese
aanpassing: As gevolg van bogenoemde is daar leerders wat ter wille van
oorlewing moet aanpas by hulle spesifieke omgewing en dit ka nook hulle
leerstyle beïnvloed.
·
Taal:
Die aanleer en gebruik van taal word beïnvloed deur die kulturele milieu waarin
die kind grootword.
Volgens die bogenoemde faktore word daar bevestig dat
leerders se kultuur hulle intelligensie-, leerstyle –en kommunikasie
ontwikkeling beïnvloed. Suid-Afrikaanse skole word alhoe meer multikultureel en
dit beïnvloed die metodes van assessering ook. Die onderwysers moet dus
voorsiening maak vir alle leerders van verskillende kulture.
Wednesday, 24 September 2014
Kultuur: Hoekom Godsdiens uit skole haal?
Daar word verneem dat onderwysers vir leerders gesê het hulle sal in die hel brand, as hulle nie in die Here glo nie. Klaarblyklik was daar 'n dogtertjie wat bang was, omdat haar pa oorlede is, en as gevolg daarvan het die meisie gedink dat haar pa gaan brand in die hel. Die keuses wat tans argumenteer word, of Christenskap uit die skole gehaal moet word, is van kardinale belang om die keuses en besluitneming van hierdie situasie ernstig in ag te neem en te oorweeg. Dit sal dus nie 'n goeie besluit wees om Christenskap uit skole te haal nie, want dit is moontlik dat meeste leerders NET by skole van die Here leer en daarvan hoor. Ouers doen ook nie meer bbelstudie met hulle kinders nie, en min ouers moedig hulle kinders aan om kerk toe te gaan of die ouers gaan self nie kerk toe nie. daar is baie min mense wat glo, asook baie min mense wat weet van die Here.
'n Skool is gebaseer op beginsels en waardes, en as Godsdiens uit skole gehaal gaan word, sal meeste van hierdie waardes en beginsels weg val. Dit sal dus 'n negatiewe invloed hê op die skool self, die onderwysers, die skoolhoof en selfs ook die leerders. Daar is baie aspekte wat 'n effek op die skoolomgewing sal hê, soos byvoorbeeld, disspline probleme, vandalisme, aanranding, ens. Diversiteit kom voor in alle skole, dit wil sê, dat skole nie net met 1 kultuur sit nie en ook nie dieselfde ras nie. Daarom is dit belangrik dat hierdie besluite sorgvuldig geneem moet word en deur die situasie op te los.
'n Skool is gebaseer op beginsels en waardes, en as Godsdiens uit skole gehaal gaan word, sal meeste van hierdie waardes en beginsels weg val. Dit sal dus 'n negatiewe invloed hê op die skool self, die onderwysers, die skoolhoof en selfs ook die leerders. Daar is baie aspekte wat 'n effek op die skoolomgewing sal hê, soos byvoorbeeld, disspline probleme, vandalisme, aanranding, ens. Diversiteit kom voor in alle skole, dit wil sê, dat skole nie net met 1 kultuur sit nie en ook nie dieselfde ras nie. Daarom is dit belangrik dat hierdie besluite sorgvuldig geneem moet word en deur die situasie op te los.
Subscribe to:
Posts (Atom)